Afrikaanse Taalraad
banner
afrikaansetaalraad.bsky.social
Afrikaanse Taalraad
@afrikaansetaalraad.bsky.social
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) bevorder die Afrikaanse taal in sy volle diversiteit. Die ATR het meer as 35 Afrikaanse taal- en kultuurorganisasies as lede en speel 'n fasiliterende, koördinerende en netwerkskeppende rol in die Afrikaanse taallandskap.
Wat maak Afrikaans kwaai?
March 1, 2025 at 12:12 PM
Op internasionale moedertaaldag... Breyten se woorde.
February 21, 2025 at 1:50 PM
Ons sê totsiens vir #Beeld en #Rapport. Die wegval van hierdie bakens van persvryheid is treurig - juis wanneer dapper, onafhanklike en kritiese berriggewing so nodig is. Dit is onduidelik wat hierdie leemte gaan vul. Dankie en sterkte aan Barnard Beukman, Inge Kühn en redaksies.
December 21, 2024 at 5:03 AM
Johan Wicomb, passievolle Afrikaansonderwyser van Kariega in die Oos-Kaap, ontvang 'n Koker vir sy werk aan 'n oorwegend Engelsmediumskool. Dié man inspireer kinders om #Afrikaans te leer. #Kokerskook
December 4, 2024 at 9:50 AM
En hiermee die Khangans-dansgroep van Eersterust (Pta) wat die Namastap by die Kokertoekennings gewys het. Hulle word gelei deur die digter en akteur, Evelyn de Vries (heel regs) Dankie, dansertjies. Dankie, mevrou de Vries! #Kokerskook2024
December 3, 2024 at 2:16 PM
En nou vir die jongste Kokerwenner ooit. Emily Smith word vereer met 'n jeug-erepenning vir die bevordering van Afrikaans op sosiale media. By wyse van gereelde resensies stel sy boeke aan lesers en ouers bekend. Hier word inisiatief geneem. Welgedaan Emily.
December 3, 2024 at 2:06 PM
Sen Joostens, 'n Belgiese dosent, ontvang 'n Junior Koker vir sy merkwaardige liefde vir Afrikaans wat hy op verskeie gebiede uitleef. Op 25 is hy reeds die hoofskrywer van 'Baie Afrikaans', 'n handboek vir Nederlandstaliges. Dankie vir jou bydraes, Sen! #KokersKook2024
December 3, 2024 at 2:03 PM
Esté Gross, bekende omroeper, nuusleser, rubriekskrywer en liedjiesskrywer, ontvang 'n junior Koker vir haar bydraes tot #Afrikaans. Radio is 'n belangrike taaldomein. Dankie, Esté!
December 3, 2024 at 1:58 PM
Môre gaan ons voort met die bekendmaking van die Kokerwenners. Maar eers 'n vraag: Hoekom gebruik die Afrikaanse Taalraad die Kokerboom as simbool?
December 2, 2024 at 1:54 PM
'n Koker gaan aan dr. Danie Langner vir sy bydraes tot die beskerming van Afrikaans die afgelope 25 jaar. Sy bydraes tot die Afrikaanse kunste en die onderwys staan duidelik uit. Veels geluk dr. Danie! #KokersKook24 #Afrikaans
December 2, 2024 at 1:51 PM
Zenzile Khoisan - joernalis, oud-studenteleier en banneling - ontvang 'n Koker vir die Bevordering van Afrikaans. Zenzile is 'n invloedryke leier van die Khoi-San-beweging. Hy beywer hom vir die Khoi-San-kultuur, die Eerste Tale, Kaaps en #Afrikaans. #Kokerskook24
December 2, 2024 at 1:50 PM
Karen Meiring ontvang 'n Koker vir die bevordering van Afrikaans. Sy het al groot spore in die Afrikaanse TV- en filmbedryf getrap en het baanbrekers werk in die Afrikaanse kunste verrig. Dankie Karen! #Kokerskook24 #Afrikaans
December 2, 2024 at 1:49 PM
Prof. Bernard Odendaal, bekende letterkundige en digter, ontvang 'n Kokertoekenning vir 'n lewenslange bydrae tot #Afrikaans. #Kokerskook2024
December 2, 2024 at 11:17 AM
Stef de Koker ontvang 'n Koker in die kategorie Bemagtiging deur #Afrikaans. #Kokerskook
December 2, 2024 at 6:10 AM
Prof. Oppél Greef ontvang 'n #Kokertoekenning vir 'n lewenslange bydrae tot #Afrikaans. Met die Kokertoekennings gee die Afrikaanse Taalraad erkenning aan besondere bydraes tot die taal. Die Afrikaanse Taalraad bevorder Afrikaans in sy volle diversiteit. #Kokerskook
December 1, 2024 at 7:00 AM
Prof. Bernard Odendaal, 'n bekende in taalkringe, ontvang 'n #Kokertoekenning vir 'n lewenslange bydrae tot #Afrikaans. Die Kokertoekennings dien as erkenning van besondere bydraes tot die taal. Die Afrikaanse Taalraad bevorder Afrikaans in sy volle diversiteit. #Kokerskook
December 1, 2024 at 6:57 AM
November 28, 2024 at 4:33 AM